Thursday, May 2, 2013


Verdeeldheid al groter onder swartes


’n Nuwe politieke party is Saterdag tot stand gebring en sal bekend staan as South Africa First.
Die party is gestig onder leiding van voormalige lede van uMkhonto weSizwe Military Veteran Association wat tot hede nie aan ’n politieke party behoort het nie en ook nie tevrede is met die koers en rigting van die ANC/SAKP regering van die land nie.
Die party se leiers en stigters, Lucky Twala and Eddie Mokhoanatse sê die party sal fokus op die werkloosheid in die land, asook meer aandag gee aan misdaad en dienslewering in die algemeen.
Dit is bekend dat Eddie Mokhoanatse vroeër verlede jaar geskors is van die struktuur van MKMVA omdat hy tevelde getrek het teen die ANC regering.
Politieke waarnemers sê dit is maar net nog ’n bewys dat die veelvolkigheid van die reënboognasie nie tot eendragtigheid in staat is nie.
Die party sal, net soos Mamphela Ramphele wel ’n klompie stemme trek in die verkiesing, maar dit gaan nie ’n beduidende invloed uitoefen op die ANC nie.
 

No comments:

Post a Comment